Rottweiler byt 2-jarige op Clifton-strand

ʼn Tweejarige dogtertjie is Woensdag deur ʼn Rottweiler op Clifton se hoofstrand gebyt, het paramedici gesê.

“Ons is onseker wat presies gebeur het en waarom sy gebyt is, maar toe paramedici op die strand opgedaag het was sy in erge pyn,” het André Visser, woordvoerder vir ER24 gesê. “Sy het wonde aan haar linkerkuit gehad,” het hy gesê en verduidelik dat die besering matig was. Volgens Visser het ʼn dokter wat daar langs verby gekom het die kind begin behandel. Sy is later na Kaapstad se Mediclinic geneem. “Ons weet nie wat van die hond en sy eienaar geword het nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.