Roux moet glo voor Bulle se dissiplinêre komitee verskyn

Bees Roux. Foto: SAPA

Bees Roux sal na verwagting Maandag voor die Blou Bulle se dissiplinêre komitee verskyn, berig EWN.

Roux het vroeër skuldig gepleit op aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag na die dood van die Tshwane metropolisielid, sers. Ntshimane Mogale. Roux moes volgens ʼn pleitooreenkoms R750 000 aan Mogale se familie betaal. Daar is kort hierna berig dat die Blou Bulle Maatskappy nie Roux se rugbykontrak gaan hernieu nie. Sy kontrak verstryk glo einde Oktober. Volgens EWN sal Roux drie aanklagte in die gesig staar. Een van die aanklagte behels glo dat Roux saam met die Pumas geoefen het terwyl hy steeds ʼn kontrak by die Bulle gehad het. Die Blou Bulle Maatskappy en Roux se agent was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.