Roux verskyn Dinsdag voor Bulle se dissiplinêre komitee

Die Blou Bul-stut Bees Roux tydens 'n hofverskyning vroeër vanjaar. Foto: SAPA

Bees Roux sal na verwagting Dinsdag voor die Blou Bulle se dissiplinêre komitee verskyn.

Ian Schwartz, woordvoerder van die Blou Bulle, het die datum van die verhoor bevestig maar wou nie verder kommentaar lewer nie aangesien dit ʼn interne saak is. Roux het vroeër skuldig gepleit op aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag na die dood van die Tshwane metropolisielid, sers. Ntshimane Mogale. Roux moes volgens ʼn pleitooreenkoms R750 000 aan Mogale se familie betaal. Daar is kort hierna berig dat die Blou Bulle Maatskappy nie Roux se rugbykontrak gaan hernieu nie. Sy kontrak verstryk glo einde Oktober. Volgens EWN sal Roux drie aanklagte in die gesig staar. Een van die aanklagte behels glo dat Roux saam met die Pumas geoefen het terwyl hy steeds ʼn kontrak by die Bulle gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.