Rower dood ná skietgeveg met polisie

ʼn Man is dood ná ʼn skietgeveg Maandag met die polisie na ʼn inbraak op ʼn huis in Cresta, het die Johannesburgse polisie gesê.

Twee mans in ʼn Mercedes Benz-sedan het glo omstreeks 11:00 die hek na die huis oopgebreek, het kaptein Pinky Tsinyane gesê. “Hulle het ʼn 16-jarige seun met die dood gedreig voordat hulle hom van sy selfoon beroof en ʼn plasma-televisiestel gesteel het,” het sy gesê. Volgens Tsinyane het die polisie opgedaag en die diewe gevang toe hulle uit die huis uit kom. Een van hulle was besig om die televisiestel te dra. Die twee het glo op die polisielede begin skiet en dit het toe in ʼn skietgeveg ontaard. Een van die rowers is op die toneel oorlede en sy medepligtige het te voet gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.