‘Rower’ doodgeskiet, nog drie gewond

ʼn Vermeende rower is dood en drie is gewond na ʼn skietgeveg met die polisie in Mogwadi, Polokwane in Limpopo.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het ʼn wenk ontvang dat die vier mans beplan om ʼn transitovoertuig te beroof. “Die vier verdagtes het die transitovoertuig met hulle voertuig geblok en dit tot ʼn stilstand gedwing.” Otto sê die polisie het die vermeende rowers dopgehou en ingegryp toe hulle die transitovoertuig probeer oopbreek het. “Die verdagtes het op die polisie losgebrand. Die polisiebeamptes het teruggevuur en die vier verdagtes geskiet en gewond.” Otto sê die vier verdagtes is na die hospitaal geneem waar een van die verdagtes later aan sy beserings beswyk het. Die polisie het op twee 9mm-pistole en twee voertuie beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.