Rower doodgeskiet, ses vas na plundery

crime-scene-tape-320x191ʼn Gewapende rower is doodgeskiet en ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat hulle twee winkels geplunder het in Ntuzuma, KwaZulu-Natal.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van de polisie, het bevestig dat hulle ʼn saak van moord, gewapende roof en openbare geweld ondersoek na die gebeure van Saterdagaand. Ahmed Hassan Mohamed, tesourier van die KwaZulu-Natalse gemeenskapsraad, sê die rowers het die Bafana General Dealer omstreeks 17:00 Saterdagmiddag beroof. “Dit blyk dat vier mense die winkel binnegestorm het terwyl twee buite wag gehou het. Hulle het sowat R4 000 kontant en R1 500 se lugtyd gesteel.” Hy sê nadat die vier mans die winkel verlaat het, het die twee wat wag gestaan het die winkel binnegegaan en energiedrankies gesteel. “Nadat hulle ook uit die winkel is, is daar ʼn skoot gehoor en was daar ʼn dooie persoon,” volgens Mohamed. Zwane sê die winkeleienaar besit nie ʼn vuurwapen nie. Hy sê direk na die skietery is ʼn Somaliër se winkel in dieselfde straat geplunder. Die polisie is ontbied en ses mense is in hegtenis geneem. Dit is in die stadium nog nie duidelik wie die rower geskiet het nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.