Rower ‘dwing paartjie om seks te hê’

ʼn Rower het ʼn paartjie van Lonehill, Johannesburg glo beveel om voor hom seks te hê voor hy hulle aangerand en beroof het.

The Star berig dat die paartjie Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof in Alberton getuig het oor die voorval op 17 April 2011. Die beskuldigde Shepherd Moyo het die paartjie glo oorval toe hulle tuis gekom het. Hy het hulle glo gedwing om hul klere uit te trek en voor hom seks te hê. Die paartjie kon dit egter nie doen nie waarna hy die vrou gedwing het om orale seks met haar kêrel te hê voor hom. Moyo het glo hierna die naakte paartjie vasgebind en die vrou met ʼn strykyster oor die kop geslaan. Volgens die berig het Moyo hierna van die paartjie se besittings gesteel en gevlug. Moyo staan onder meer tereg op 17 aanklagte van roof en drie van verkragting.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

william ·

Ek dink meer van my hond enhet hom liewer as die swart barbaar. Siellose gedrogte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.