Rower in polisieman se huis doodgeskiet

ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn polisiebeampte van Centurion Woensdag ʼn rower in sy huis in Eldoraigne doodgeskiet het.

Die beampte, wie se naam, rang en ouderdom nie bekend gemaak is nie, was glo op verlof en het na sy ma, wat in ʼn rolstoel is, omgesien. Hulle het geslaap toe hy iemand by sy voordeur gehoor het.

Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, sê die beampte het ondersoek gaan instel en twee vermeende rowers in sy voorhuis betrap nadat hulle die voordeur oopforseer het. “Die beampte het op hulle geskiet. Een van die verdagtes is noodlottig in die bolyf gewond. Die ander verdagte is ook gewond, maar kon van die toneel in ʼn Opel Corsa vlug,” het Mogale gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

BB Smit ·

Sy naam sal nie/mag nie genoem word nie want hy is mos nie ‘n Suid Afrikaanse held nie. Hy sal ook niks oorkom nie want hy is ‘n polisieman en hulle mag maak soos hulle wil.

DdB ·

@BB, ironies dat hy aangekla word vir moord maar niemand het iets daaroor te sê nie. Rowers was besig om in te breek en ek lees ook nêrens dat hy deur ‘n toe deur gevuur het nie wat die afleiding los dat sy lewe meer in gevaar was…. Nie soos Oscar wat net blindelings deur ‘n toe deur vuur… Voor jy snotty antwoorde los, maak eers seker van jou saak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.