‘Rower’ in PTA-Wes doodgeskiet

Argieffoto

‘n Vermeende rower is Donderdag tydens ‘n skietery met die polisie in Pretoria-Wes doodgeskiet.

Die man was glo deel van ‘n bende van drie wat ‘n huis in Laudium Dinsdagaand beroof het, berig EWN. Hulle het daarna in ‘n Mercedes Benz gevlug. Beamptes het die voertuig Donderdag in Rosslyn opgespoor en die verdagtes het op hulle begin skiet. “Die verdagtes het begin skiet toe hulle die polisie sien. Die polisie het teruggeskiet,” het Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Twee van die verdagtes is beseer. Een van die verdagtes is onder polisiebewaking na die hospitaal geneem terwyl die ander een vir geringe beserings op die toneel behandel is.”

Gerugte doen die rondte dat die mans die bestuurder van die Mercedes Benz gekaap het. Volgens die polisie het die ‘bende’ egter Dinsdagaand reeds met die motor weggejaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.