Die polisie is nog steeds op soek na ʼn weermagkolonel wat 18 jaar gelede ’n gewapende rooftog by ’n polisiekantoor in die Oos-Kaap uitgevoer het, nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik is.
Kol. Sibongile Soci het Dinsdag gesê hulle is nog steeds op soek na kol. Nceba Patrick Bobela om uiteindelik sy tronkstraf uit te dien.
Beeld het Dinsdag berig Bobela het van sy huis in Nelspruit, Mpumalanga, verdwyn, voor die polisie hom in hegtenis kon neem. Volgens die berig probeer Bobela die polisie ontduik. Soci het aan die koerant gesê Bobela kan nog nie as ʼn voortvlugtige beskou word nie.
In 1995 was hy een van vier verdagtes wat skuldig bevind is aan die rooftog by die Ntabethemba-polisiekantoor in die Oos-Kaap, waartydens twee polisiebeamptes aangeval en verskeie vuurwapens geroof is. Die vier is almal tot 12 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan drie jaar voorwaardelik opgeskort is.
Een van die vier beskuldigdes was in 2001 suksesvol met sy appèl. Bobelo en die ander twee moes dadelik hul tronkstraf begin uitdien het, maar Bobela het dit tot dusver ontduik en hy het in die volgende 12 jaar tot die rang van kolonel gevorder.
– SAPA
Lees ook:
Rower-kolonel kry uiteindelik tronkstraf
Hy speel seker golf saam met Shabir Shaik
Hoe die pers dop hoe vinnig is die ou weer uit die tronk!
Hulle sal hom niks maak nie want hy kan dalk uitpraat.
Ek wonder maar net hoe hard hulle regtig soek? Ek kry net die indruk niemand is ernstig om hierdie man agter tralies te kry nie