Rower se Facebook-blaps

ʼn Rower het glo ʼn foto van homself op die Facebook-blad van een van sy beweerde slagoffers geplaas.

Daily News berig dat James McCall van Hillcrest, KwaZulu-Natal geskok was toe hy Maandag sy rekenaar aangeskakel het, na daar die naweek by hulle ingebreek is, en gesien het dat die rower ʼn foto van homself op sy vrou se Facebook-blad geplaas het. Volgens McCall is daar Sondag vir die vyfde keer by hulle gastehuis ingebreek. Hy sê sy vrou sê tabletrekenaar asook verskeie ander items van onder meer gaste is gesteel. McCall sê die rower het moontlik nie agtergekom dat hy die foto op sy vrou se Facebook-blad plaas nie aangesien hy ook foto’s van die gesin wat op die rekenaar was op Facebook gelaai het. “Mens teken gewoonlik nie af as jy op ʼn tabletrekenaar werk nie.” McCall sê hulle het die foto aan die polisie oorhandig en hoop dat dit sal help om die rower vas te trek.

BRON: Daily News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.