‘Rower’ skiet homself

Argieffoto

ʼn Vermeende rower het homself glo geskiet nadat die polisie en inwoners hom in Setlagole, buite Mahikeng in Noordwes, aangekeer het.

“Vier mans het Maandagaand ʼn man van Pakistan se winkel betree en hom en sy sekuriteitswag van Malawië, met vuurwapens gedreig en hulle aangerand,” het lt.kol. Lesego Metsi, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Hulle het met kruideniersware, sigarette en ʼn onbekende bedrag geld gevlug.”

Die slagoffers kon met vriende in verbinding tree wat die polisie geskakel het. Die vier verdagtes het gevlug toe die polisie en inwoners by die toneel opgedaag het.

“Die polisie het die verdagtes agternagesit wat in verskillende rigtings gevlug het. Gemeenskapslede het ook van die verdagtes agternagesit.”

Een van die inwoners se honde het een van die verdagtes aangekeer. Hy het op die honde gevuur. Toe die polisie hom beveel het om sy vuurwapen te laat val, het hy homself in die kop geskiet. Die vuurwapen is glo verlede jaar van ʼn polisiebeampte in Mahikeng gesteel.

Die ander drie verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berita Drescher ·

Dis mooi …..een minder vir belastingbetalers om aan die lewe te hou en vir hofonkostes op te dok.

EBTfan ·

Fantastiese nuus ! Hoop die ander kriminele neem kennis en volg in die een se voetspore ! Dit Sal mos baie tyd en geld spaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.