‘Rower’ sterf in botsing

Foto: @JPSAorg/Twitter

ʼn Vermeende rower is dood en vier mense, waaronder ʼn ma en haar dogter, is beseer na ʼn hoëspoed-jaagtog Saterdag in Randburg.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê drie mans het twee Malawiërs van hul bagasie beroof in Randburg waarna hulle in ʼn Toyota Corolla weggejaag het. Dlamini sê veiligheidswagte het die rowers agternagesit. “Die verdagtes het ʼn u-draai op Jan Smutslaan gemaak en in aankomende verkeer ingery. Die rowers se motor het teen ʼn Toyota Fortuner gebots.” Dlamini sê een van die vermeende rowers is in die botsing dood. ʼn Ma en haar dogter is ernstig beseer in die botsing en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie het die gesteelde goedere en ʼn vuurwapen in die verdagtes se motor gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.