‘Rower’ sterf in botsing

ʼn Vermeende rower is dood en nog een beseer nadat hulle motor Saterdag op die N1 omgeslaan het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Pinky Tsinyane, sê die twee vermeende rowers het glo ʼn sakeonderneming in Bronkhorstspruit beroof voor hulle in ʼn Nissan Navara-bakkie op die vlug geslaan het. Die polisie het die bakkie omstreeks 03:00 Saterdagoggend op die N1 noord gesien ry. Die bakkie het weggejaag en die polisie het dit agternagesit. Die passasier in die bakkie het op die polisie begin skiet. Tsinyane sê die bakkie het teen ʼn versperring gebots. Die bestuurder is op die toneel dood en die passasier is beseer. Tsinyane sê dit is nog nie duidelik of die bestuurder dood is as gevolg van die ongeluk en of hy raak geskiet is nie. Sy sê die beseerde man is na die Steve Biko-hospitaal geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.