‘Rower’ sterf ná Kaapstad-skietery

SAPDDie vermeende rower wat gewond is tydens ʼn skermutseling met die polisie Woensdagaand in Kaapstad, het Donderdag aan sy beserings in die hospitaal beswyk.

Maroela Media het vroeër berig twee polisiebeamptes is in die skermutseling dood en ʼn ander gewond. Die gevalle beamptes is intussen identifiseer as konstabel Viwe Mpambane (34) en sersant Mteteleli Damse (39).

Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die beamptes het omstreeks 22:00 huise in die Siqala informele nedersetting in Philippi deursoek weens ʼn reeks gewapende rooftogte in die omgewing oor die afgelope tyd.

“Die beamptes het een van die plakkershuise betree toe ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes uit die bloute op hulle losgebrand en die twee beamptes noodlottig gewond het,” het Traut gesê. “Die polisie het teruggeskiet en een van die rowers gewond. Hy is later in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op ʼn 9mm-pistool.”

Die polisiebeampte wat gewond is, is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas en is in ʼn stabiele toestand.

Lees ook:
Twee polisiemanne in Kaapstad doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.