Die vermeende rower wat gewond is tydens ʼn skermutseling met die polisie Woensdagaand in Kaapstad, het Donderdag aan sy beserings in die hospitaal beswyk.
Maroela Media het vroeër berig twee polisiebeamptes is in die skermutseling dood en ʼn ander gewond. Die gevalle beamptes is intussen identifiseer as konstabel Viwe Mpambane (34) en sersant Mteteleli Damse (39).
Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die beamptes het omstreeks 22:00 huise in die Siqala informele nedersetting in Philippi deursoek weens ʼn reeks gewapende rooftogte in die omgewing oor die afgelope tyd.
“Die beamptes het een van die plakkershuise betree toe ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes uit die bloute op hulle losgebrand en die twee beamptes noodlottig gewond het,” het Traut gesê. “Die polisie het teruggeskiet en een van die rowers gewond. Hy is later in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op ʼn 9mm-pistool.”
Die polisiebeampte wat gewond is, is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas en is in ʼn stabiele toestand.
Mooi so. Nog een drek minder.