Rower suig ring van vrou se vinger

ʼn Rower het ʼn vrou van Roodepoort, Gauteng se trouring van haar vinger afgesuig nadat haar hande met skoenveters vasgemaak is.

LookLocal Roodepoort Northside berig dat Belinda Swart, ʼn tuisteskepper, Woensdagoggend gereed gemaak het om haar kinders na ʼn dramaklas te neem toe ʼn gewapende man haar slaapkamer binnegekom het. Swart sê die man het vir haar gesê om nie vir sy gesig te kyk nie, anders sal hy haar doodskiet. Die man het Swart se oë met ʼn handdoek geblinddoek voor nog ʼn man haar hande met skoenveters vasgemaak het. Die rowers het haar vir kontant en juweliersware gevra. Een van die rowers het ook aangedring op Swart se trouring. Swart het egter gesukkel om die ring van haar vinger af te kry en een van die rowers het haar vinger in sy mond gesit en die ring afgesuig. Drie van Swart se kinders was onder in die huis ten tyde van voorval. Die rowers het gevlug nadat Swart se ma by die huis aangekom het om haar twee ander kinders af te laai. Die rowers is kort hierna deur die polisie in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.