Volgens EWN het die rooftog by die Nike winkel plaasgevind. Die rowers het glo op die vlug geslaan en Menlyn inkopiesentrum binnegestorm. Van die verdagtes is glo nog in die inkopiesentrum. Die vier mans het na bewering polisielede van hulle wapens beroof naby Atterbury Value Mart voor hulle die rooftog uitgevoer het en na Menlyn inkopiesentrum gevlug het. Volgens verskeie berigte op sosiale netwerke is Menlyn ontruim en is daar ʼn sterk polisie teenwoordigheid in die gebied. Die polisie het glo reeds van die verdagtes in hegtenis geneem.
Rowers beroof Atterbury-winkelsentrum, glo vasgekeer
ʼn Groep gewapende mans het na bewering ʼn winkel beroof in die Atterbury Value Mart in Pretoria.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.