Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting ná ʼn nagklub in Observatory, Kaapstad, afgebrand het.
Twee mans het glo Vrydag in die vroeë oggendure die skoonmakers beroof, voordat hulle ʼn petrolbom in die gebou ingegooi het, berig EWN. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, doen ʼn beroep op die gemeenskap om met enige inligting na vore te kom. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand wat inligting oor die voorval het moet asseblief Crimestop by 0860 010 111 kontak,” het hy gesê.