Rowers gryp studente wat op Uber wag

(Foto ter illustrasie: Pixabay)

“’n Duisend dinge het deur my kop gegaan. Niks het hulle gekeer om ons te skiet en weg te ry nie.”

Só sê ’n tweedejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom nadat hy en drie vriende Saterdagaand in die ooste van Pretoria ontvoer en beroof is.

Die student het saam met sy vriende, studente aan die Universiteit van Pretoria, op ’n Uber naby Atterburyweg in Menlopark gewag toe ’n taxi met ses gewapende mans hulle oorval het.

Die rowers het hulle in die taxi gedwing en deurentyd vuurwapens teen hul koppe gedruk. Die studente moes hulle bankkaarte, pinnommers, selfone, beursies en horlosies oorhandig.

“Hulle het op ons geskree en gesê ons moet afkyk. Ons vriendin het begin huil en hiperventileer. Toe ek opkyk het een van die rowers my teen die kop geslaan. Hulle het ons ’n rukkie later op ’n onbekende plek afgelaai en gesê ons moet plat op die gras lê.”

Die taxi het weggejaag en die vriende kon daarin slaag om ’n verbygaande motoris te stop wat hulle opgelaai en na vriende se woonstel geneem het. Hulle het die voorval by die Brooklyn-polisiestasie aangemeld en die saak word tans ondersoek.

Die Potchefstroomse student het aan Maroela Media gesê dat hy vir die naweek by sy ma in Montana gekuier het en op dié aand by ’n geselligheid in 23ste Laan in Menlopark was. Die vriende het beplan om hierna na ’n nabygeleë kuierplek te gaan.

“Ons was ’n groot groep en het twee Ubers bestel. Die eerste Uber het die helfte van die groep opgelaai en ons het vir die tweede Uber gewag. Die Uber-bestuurder het op die toepassing aangedui dat hy om die draai naby Atterburyweg wag, maar net daarna die rit gekanselleer. Ons was nog besig om ’n nuwe Uber te bestel toe die taxi skielik langs ons stop,” het hy gesê. “Dis darem maar baie toevallig.”

Volgens sy ma is al vier vriende baie getraumatiseerd en ontvang hulle tans berading.

“Die kinders het juis vir veiligheid ’n Uber bestel. Hulle was verantwoordelik. Jongmense en ouers moet egter daarvan bewus wees dat so iets in ʼn oogwink kan gebeur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Charmain ·

Uber in SA kan nie vertrou word nie. Ons gebruik dit gereeld as ons oorsee reis maar in SA bly jy ver weg van hulle!

Ovelia ·

Wat soek di studente daai tyd v d nag buite. Hul behoort te weet dis gevaarlik en wt v d aandklok reel. Dink.mense dink. Dis onveilig

Tanniepetoors ·

Watter tyd van die nag? Geen tyd word genoem nie. Net dat dit aand was. Gun jy studente geen sosiale lewe nie? My kleinkinders gebruik Uber en Bolt na en van klasse en sosiale geleenthede en hul deeltydse werk. Sonder enige dramas. Kom by. Dis nie meer 1970 nie.

Sylvia ·

Daai tyd van die nag?… Indien ek dit nie raak gelees het nie, word daar nie ‘n tyd genoem nie. En die aandklok reël geld seker vir almal!?

Meisie ·

Hulle se nie hoe laat dit gebeur het nie. Dit raak reeds 18:00 donker so dit is vir my aand al daardie tyd. Help nie ek sluit myself toe 6 uur die aand omrede daar middernag n aandklokreel is nie.

Marcello ·

As jy wer die berig lees, sal jy sien wat maak hulle buite gemaak het, , waar kom jy vandaan met aandklokreêl, jy weet mos nie hoelaat dit was nie.

Tiptol ·

Mense het die reg om te leef. So, jy is een van daai mense wat sê ‘n meisie is skuldig as sy verkrag word, of ‘n kind is skuldig as hy aangerand word. Jý moet bietjie dink.

Klipkop ·

Jongmense en ouers moet nou begin besef dat ons in die “nuwe” SA woon en dat sulke gedrag normaal is vir Azania en sy Azaniërs, al is jy ook hoe verantwoordelik in jou eie oë. Prys die Here dat hulle nog lewe.

Sonia ·

dis net genade dat hulle nog lewe – mens is nêrens veilig in SA nie maar mens kan ook nie jouself soos in ‘n tronk toesluit nie – ons het ‘n ingryping nodig wat net die Here kan doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.