Rowers kom hul Moses tee

ʼn Man is dood en ʼn ander in hegtenis geneem na ʼn skietgeveg Donderdagaand met die polisie in KwaZulu-Natal.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê drie mans het Donderdagaand omstreeks 22:00 op die polisie losgebrand nadat die gesteelde voertuig waarin hulle gery het, naby Pinetown afgetrek is.

“Een van die verdagtes is op die toneel doodgeskiet, een is in hegtenis geneem en die ander man het daarin geslaag om te ontsnap,” het Naicker gesê.

Die polisie het beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Hulle het ook verskeie gesteelde items in die voertuig gevind, waaronder ʼn televisie, DVD-speler, klere en rekenaartoerusting.

“Daar word vermoed dat dié items vroeër die dag tydens ʼn huisroof in die Umlazi-omgewing gesteel is,” het Naicker bygevoeg.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is, moet binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, huisroof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.