Rowers maak amok in Polokwane

‘n Vrou is Woensdagoggend verkrag en ʼn veiligheidswag geskiet en gewond tydens ʼn rooftog in Limpopo.

Luitenant-kolonel Malesela Ledwaba, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het in Bendorpark, Polokwane, in die vroeë oggendure plaasgevind. “Vier gewapende mans het by ʼn huis ingebreek waarin twee vroue geslaap het. Een van die vroue is verkrag en die ander een aangerand. Die mans het met die vroue se handsakke en selfone gevlug,” het Ledwaba gesê.

Volgens Ledwaba het ʼn veiligheidswag die mans kort daarna probeer aankeer. Hulle het op die wag geskiet en hom in sy arm gewond.

Intussen het bure die skote gehoor en die polisie ontbied. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die veiligheidswag en een van die vroue word tans in die hospitaal versorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.