Rowers ontsnap danksy padwedloop

Pick n Pay op die hoek van William Nichol- en Republiekweg in Johannesburg

‘n Bende van ses rowers het Sondagoggend ontsnap toe hulle met ‘n gekaapte motor deur ‘n padwedloop in Bryanston, Johannesburg gejaag het.

“Ses verdagtes, wat sekuriteitswagte beroof het, het hul paneelwa agtergelaat, ‘n Opel Corsa gekaap en tussen die talle drawwers, wat aan die padwedloop deelgeneem het, en inkopiegangers verdwyn,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. Minnaar sê die rowers het met ‘n onbekende bedrag geld gevlug ná ‘n rooftog naby die Pick n Pay-sentrum op die hoek van Republiek- en William Nicholweg in Johannesburg.

Hy sê beamptes van die Johannesburgse metropolisie wat verkeer tydens die padwedloop reguleer het, het skote by die winkelsentrum gehoor en die rowers agterna gesit.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.