Rowers op heterdaad betrap

ʼn Groep rowers is op heterdaad betrap terwyl hulle Vrydag ʼn huis in Pinetown in KwaZulu-Natal beroof het terwyl die eienaar van die huis vasgebind was.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê daar is ʼn TV, luidsprekers en alkohol in die vyf mans se besit gevind. Een van die rowers het op die polisie losgebrand waarna die polisie teruggevuur het. Die skieter het op die vlug geslaan terwyl sy vier medepligtiges in hegtenis geneem is. Die verdagtes sal Maandag in die Pinetown-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.