Rowers plunder Anglo-Boereoorlog begraafplaas

Een van die talle Anglo-Boereoorlog-begraafplase landswyd

ʼn Graf by ʼn Anglo-Boereoorlog begraafplaas in Ladysmith is deur rowers geplunder, het die Amafa Erfenisstigting in KwaZulu-Natal Sondag gesê.

James van Vuuren, een van Amafa se direkteure sê sy kontrakteurs was verlede week met instandhouding by die Intombi Kamp Militêre-begraafplaas besig toe hulle op die gebreekte grafsteen en ʼn twee meter-diep gat in een van die grafte afgekom het. “Ons weet nie wie die oortreders is nie, maar ons is van mening dat hulle na oorblyfsels soos knope en wapens op soek was,” het hy gesê. “Die oortreders kon die moeite gespaar het, aangesien dit ʼn formele begraafplaas is en alle persoonlike besittings moontlik voor die teraardebestelling verwyder is.”

ʼn Klag is by die polisie gelê. Van Vuuren sê Amafa bied ʼn beloning aan vir enigiemand wat moontlik inligting oor die oortreders kan verskaf wat tot ʼn inhegtenisname kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.