Vyf vermeende rowers het by ʼn winkel in Oos-Londen in die Oos-Kaap ingebreek nadat hulle met ʼn bakkie deur die winkel se veiligheidshek gery het om toegang tot die winkel te bekom, het die DispatchOnline Maandag berig.
ʼn Ooggetuie het aan die publikasie gesê vyf mans het die Jet Mart-winkel bestorm en omtrent 10 plasmatelevisiestelle gesteel.
Die voorval het Saterdagaand naby ʼn taxistaanplek in die middestad plaasgevind.
Alistair Bleach, bestuurder van die Red Alert-veiligheidsmaatskappy, het gesê ʼn veiligheidsbeampte is na die toneel gestuur toe die alarm afgegaan het. “Toe hy by die winkel opgedaag het, het gewapende mans op hom begin skiet. Die beampte het besef hy is alleen en dat daar onskuldige omstanders is, en het dus nie teruggeskiet nie, maar eerder nog hulp ontbied,” het Bleach gesê. Die verdagtes het daarna gevlug.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Kapt. Stephen Marais, die polisiewoordvoerder van Oos-Londen, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
– SAPA
Seker kortpad gevat.