Rowers skiet Centurion-vrou voor haar ouers

Arina Muller. Foto: Facebook

ʼn 29-jarige vrou is Dinsdagaand deur twee rowers by haar huis voor haar ouers doodgeskiet. Arina Muller het by haar ouers, Jan en Kitty, op ʼn hoewe in Mnandi, suid van Centurion, gewoon.

Sy is Dinsdag omstreeks 21:00 doodgeskiet, kort nadat sy van die gimnasium af tuis gekom het. Na wat verneem word, het twee rowers agter haar ingeglip toe sy by die hoewe ingery het.

Toe Arina die rowers gewaar het sy om hulp geroep. Haar ouers het gaan ondersoek instel waarna Arina in die bors geskiet is. Die aanvallers het daarna weg gehardloop. Arina is op die toneel dood verklaar.

Kapt. Agnes Huma, ʼn polisie-woordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het gesê niks is tydens die voorval gesteel nie en ʼn saak van moord word ondersoek. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.