Rowers sny ma se keel af

Anzunette du Plessis (33) is dood nadat haar keel Donderdag tydens ʼn beweerde huisroof afgesny is.

Die Cape Times berig Du Plessis se liggaam is Donderdagmiddag by haar huis in Buchananweg in Claremont, Kaapstad, aangetref. Haar huishulp het op haar liggaam afgekom nadat sy met Du Plessis se tweejarige dogtertjie van ʼn nabygeleë park af teruggekeer het.

Volgens André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, is drie verdagtes reeds in hegtenis geneem. Die polisie is steeds op soek na ʼn vierde verdagte. Een van die verdagtes het glo voorheen vir Du Plessis gewerk.

Die verdagtes was in besit van ʼn skootrekenaar en televisiestel wat glo tydens die voorval gesteel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.