Rowers steel bakkie ná skietgeveg

Die polisie is op soek na drie mans wat ʼn Nissan bakkie gesteel het ná ʼn skietgeveg in Woodmead, noord van Johannesburg.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt Kim Cloete, sê twee polisiebeamptes is net voor 12:00 Dinsdagmiddag deur ʼn werknemer van Nissan genader. Die werknemer het aan die polisie gesê dat drie mans besig is om ʼn bakkie te steel by ʼn nabygeleë handelaar in Woodmead. Toe die twee beamptes die vermeende rowers voorgekeer het, het die rowers op hulle geskiet. Die rowers het daarin geslaag om die bakkie oop te breek, aan te skakel en te vlug. Niemand is in die voorval beseer nie. Cloete sê die polisie ondersoek die saak en soek steeds na die gesteelde voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.