Die man bly in Constantia Kloof en het gesê die groep mans het hom Saterdag beroof, berig EWN. Die mans het glo sy veiligheidshek “opgetel” en toe sy voordeur afgeskop. Die man sê sy 21-jarige seun is verlede jaar oorlede en hulle het beplan om later sy as by ʼn spesiale plek te gaan strooi. “Ek is verby kwaad, maar een van die ergste dinge is dat hulle my seun se as gesteel het,” het die man gesê.
Rowers steel glo afgestorwe seun se as
ʼn Man van Johannesburg doen ʼn beroep op die publiek om hom te help nadat rowers glo sy huis deursoek en ʼn houtboksie met sy oorlede seun se as gesteel het.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.