“Rowers” sterf in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Drie vermeende rowers is dood en twee ander beseer na hul voertuig in ʼn ongeluk betrokke was, het die KwaZulu-Natalse polisie Saterdag gesê.

ʼn Lid van die Glenmore Gemeenskapsveiligheid was op patrollie toe hy ʼn verdagte voertuig gewaar het, het kolonel Jay Naicker gesê. Die man het bystand ontbied en gesien hoe twee mans oor ʼn muur spring en met ʼn skootrekenaar in ʼn voertuig klim. “In hul haas om van hul agtervolgers te ontsnap, het die bestuurder van die verdagtes se voertuig beheer verloor en in ʼn bakkie vasgejaag,” het Naicker gesê. Twee van die vermeende rowers is op die toneel dood verklaar en ʼn derde het Saterdagoggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. “Die paraatheid van die Glenwood Gemeenskapsveiligheid word hoog aangeskryf en bevestig die gedagte dat aktiewe gemeenskapsveiligheid die sleutel is om kriminele elemente uit ons gemeenskappe te verwyder,” het Naicker gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.