Rowers vas na hoëspoed-jaagtog

Vier vermeende rowers is Sondag in hegtenis geneem na afloop van ʼn hoëspoed-jaagtog en ʼn skietgeveg met ʼn polisieman.

Lt. kol Lungelo Dlamini sê die polisieman, wat nie aan diens was nie, het agterdogtig geraak toe hy gesien het hoe vyf mans huishoudelike goedere in ʼn motor laai by ʼn huis in Krugersdorp. Die polisieman het hulle gekonfronteer waarna ʼn skietgeveg uitgebreek het. Die mans het weggejaag en die polisieman het hul agterna gesit. Die bestuurder van die motor het beheer verloor en die voertuig het verskeie kere gerol. Dlamini sê die motor is onlangs in Kempton Park gesteel. Die huishoudelike goedere in die motor is vernietig nadat die voertuig aan die brand geslaan het. Een van die verdagtes is gewond tydens die jaagtog en is onder polisiebewaking in die hospitaal. ‘n Vyfde verdagte is steeds soek. Die mans sal Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.