Rowers vermoor glo bejaarde vrou in haar huis

rowersDie polisie van Mpumalanga het Donderdag gesê hulle het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur nadat Charlotte Kruger, ʼn bejaarde vrou van Lydenburg, tydens ʼn huisbraak vermoor is.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê Charlotte (66) en haar 70-jarige man was besig om televisie te kyk toe die twee rowers hulle omstreeks 02:00 verlede Vrydag in hul huis oorval het. “Hulle het die bejaarde egpaar met draad vasgebind en lappe in hul monde ingedruk,” het Hlathi gesê.

Volgens Hlathi is Charlotte dood omdat die lap te diep in haar mond ingedruk is.

Die rowers het ʼn plasma-televisie, hoëtroustel en ʼn vuurwapen gesteel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak. Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om saam met hulle te werk om die verdagtes aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugenie ·

‘n Bejaarde vermoor en drie artikels gebuit. Is dit hoe min ‘n mens se lewe werd is. Ek hoop ons kry spoedig terugvoer aangesien die polisie ‘n volskaalse soektog van stapel gestuur het. Mens voel magteloos, maar ons mag nooit ophou bid vir krag om hierdie land van verdere ondergang te red nie.

Eugenie ·

‘n Bejaarde vermoor en drie artikels gebuit. Is dit hoe min ‘n mens se lewe werd is. Ek hoop ons kry spoedig terugvoer aangesien die polisie ‘n volskaalse soektog van stapel gestuur het. Mens voel magteloos, maar ons mag nooit ophou bid vir krag en genade om hierdie land van verdere ondergang te red nie.

pop ·

En so groei die getalle. Dit sal nie stop voordat elke witmens OF uit die land is OF vermoor is. Oor twee en n half jaar (as ons nog leef) gaan ek en my man ook oor die waters. En ja!!!!!Ons gaan vlug!!!Eerder dit as wat ek wreed vermoor word< op die oomblik word ons geestelik en sielkundig vermoor. My innige simpatie aan die naasbestaandes van alle vermoorde mense. Dit moet baie erg wees om jou geliefdes so te moet verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.