Rowers vra man of hy motor wil terugkoop

Rowers het ʼn sakeman van Umhlanga, KwaZulu-Natal aangeval, beroof en hom later die aand op sy selfoon geskakel en gevra of hy sy BMW X3 wat tydens die rooftog gesteel is wil terugkoop.

Daily News berig dat Martin Pretorius (42), besturende direkteur van Nashua Durban, deur ʼn groep swaar gewapende mans aangeval is toe hy Maandagmiddag na sy huis is om sy artritis-medisyne te gaan haal. Pretorius sê hy was in die badkamer toe hy die bediende hoor skree het. Pretorius sê toe hy uit die badkamer geloop het, het twee mans met vuurwapens op hom afgestorm. Volgens die berig het die mans Pretorius geslaan waarna hy op die grond geval het en twee van die mans op sy rug gestaan het en gevra het waar die kluis is. Die mans het die kluis uit die muur geruk en oopgebreek. Pretorius sê hy en die bediende is sowat ʼn uur later met die koorde van ʼn selfoonlaaier en haardroeër vasgemaak en in die badkamer toegesluit. Hy sê die rowers het sowat 10 minute later teruggekeer en vir sy BMW X3 se sleutels gevra en hom beveel om die hek oop te maak. Pretorius het homself later bevry en na die bure vir hulp gegaan. Pretorius sê een van die mans het hom later die aand op sy selfoon geskakel en gevra of hy belangstel om sy BMW terug te koop. Pretorius se BMW is egter later sowat 3km van sy huis gevind. Die rowers het juwele, vuurwapens, buitelandse valuta en duur whiskey gebuit.

BRON: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.