Roxette braak gal oor O.R. Tambo-lughawe

Roxette hou dalk baie van Suid-Afrika, maar hulle is glad nie beïndruk met diens by die O.R. Tambo- lughawe nie. Dit volg ná hulle oor die naweek 90 minute moes wag omdat hul vlug vertraag was.

Hulle was verlede week in die land en het as deel van hul wêreldtoer konserte in Johannesburg, Durban en Kaapstad gehou.

Marie Fredriksson en Per Gessle van Roxette het Saterdagaand gal gebraak en die volgende op Facebook geskryf: “Just spent 90 minutes at one of the world’s worst airports; Johannesburg. Could actually be the No 1 on that scary list….Good God, how about some organization with customs etc? Leaving now. Thank you.

Die uitlating het vinnig reaksie ontlok waaronder die van mense wat voel so ʼn opmerking is onbillik want 90 minute is nie só lank nie. Roxette het daarop geantwoord: “Ons is baie lief vir Suid-Afrika, julle weet dit! Maar iemand moet die logistieke probleme by Joburg-lughawe regmaak.”

Unathi Ba­tyashe-Fillis, kommunikasiebestuurder van Airports Company of SA (Acsa), het aan Times Live gesê beeldmateriaal wys dat daar ʼn lang ry by die emigrasie kontrolepunt was. Sy het gesê die lughawe weet nog nie wat dit veroorsaak het nie. Sy het voorts gesê Acsa is nie vir emigrasies verantwoordelik nie, en dat die departement van binnelandse sake daarvoor verantwoordelik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rudie ·

Dit maak my moerig as mense van die buiteland af kom en dan gal braak oor ons goed. ORT is ‘n uitstekende lughawe, en kompeteer goed met van die beste in die wêreld. Onlangs was daar dae (nie net 90 min nie) vertragings op Heathrow. Dit was wêreldnuus. Ek het al vertragings op die hoog aangeskrewe Dubai beleef, op Schiphol in ‘n bitter lang tou by immigrasie gestaan, en van die onvriendelikste personeel op ontwikkelde lande se lughawens raak geloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.