RSG se programskuiwe ‘met die oog op volhoubaarheid, relevansie’

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Radiosondergrense (RSG) se jongste programverskuiwings wat op 4 April by dié Afrikaanse radiostasie in werking getree het, het sedert die aankondiging daarvan groot polemiek ontlok.

Gugu Ntuli, die SAUK se groepbestuurder vir korporatiewe sake en bemarking, het by navraag gesê dat veranderings aan die begin van elke finansiële jaar ʼn normale verskynsel in die radiolandskap is.

“Verskeie faktore beïnvloed strategiese besluite. Voortdurende hersiening en vernuwing voorkom stagnering, dit skep nuwe geleenthede vir gehoorgroei en dit verseker die lewensvatbaarheid van enige organisasie.”

Ntuli sê verder dat mense se reaksie op verandering deel van die proses is. “Mense reageer oor die algemeen op nuwe patrone, maar sodra hulle daaraan gewoond raak, kom dinge vanself reg.”

Talle luisteraars en openbare figure stem egter nie saam nie en het hulle tot sosiale media gewend om hul misnoeë oor dié radiostasie se aanpassings uit te spreek.

Maroela Media het vroeër berig dat Ivor Price in ʼn uitgebreide Facebook-plasing aanvoer dat RSG se besluit om te veel veranderings op een slag in werking te stel, ʼn oordeelsfout is.

“As hulle die kuns van inhoud skep verstaan het, sou hulle weet dat radio, en veral tradisionele radio, ʼn hoogs intieme medium is. Selfs geringe skuiwe kan hoogs traumaties vir die luisteraar wees.

“Dit is soos om die helfte van jou geliefdes in ʼn grusame botsing te verloor, en dan die volgende dag gedwing te word om ʼn klomp nuwe mense lief te hê. Dit is ook nie regverdig teenoor die rits (meestal goeie) uitsaaiers wat hulle nou aangestel het nie, want almal van ons weet hoe brutaal die RSG-luisteraar kan wees.”

Die radiopersoonlikheid Dawid van Lill skryf in reaksie op Price se plasing: “Die een ding waarna radiostasies streef, is uniekheid en ʼn vlagskipprogram.

“RSG het dit gehad met die kombinasie van Monitor en Praat saam. Om dit nou te verruil vir ʼn program wat net soos die mededingers se programme klink, maak vir my hoegenaamd geen sin nie.”

Van Lill verwys na RSG se besluit om Monitor met ʼn uur te verkort, Lynette Francis-Puren se Praat saam te beëindig en die begin van ʼn splinternuwe ontbytprogram, Op en wakker.

Francis-Puren het Vrydagoggend die luisteraars van haar aktualiteitsprogram in ʼn Facebook-video gegroet. Haar kontraktuele verpligtinge met RSG het Donderdag verstryk, maar dié program se laaste uitsending is Maandag glo weens ʼn tegniese fout kortgeknip.

RSG

Volgens Ntuli bied die nuwe programaanbod, veral die nuwe ontbytprogram, aan RSG die geleentheid om op gelyke voet met ander soortgelyke radiohandelsmerke mee te ding. Dit bied meer geleenthede vir luisteraarsbetrokkenheid, veral jonger gehore en ook meer advertensiemoontlikhede.

Die afgelope paar jaar se luisteraarsterugvoer oor verskeie programme, navorsingsbevindinge, voorspellings van gesaghebbende instellings en interne strategiese besprekings het die weg gebaan vir die jongste aanpassings.

Dit is volgens Ntuli ook in pas met radiotendense en verbruikerspatrone in ʼn veranderende media-era. “Sekere programveranderings is aangebring om die volhoubaarheid en relevansie te verseker in ʼn mededingende en moderne era waar daar ʼn oorvloed van keuses is.

“Ons verwelkom hierdie veranderinge en neem luisteraars graag saam na die volgende seisoen waar ons vanjaar RSG se 85ste bestaansjaar vier en ʼn volhoubare toekoms vir die radiostasie bou,” sê Ntuli.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

casper ·

Daar is nie meer belangstelling in RSG van my kant af nie — Terleurstellende spul !!

Christo ·

Ekt alle belangstelling in RSG verloor. Ek dink nie my radio(s) is eens ingestel op RSG iewers nie

Hennie ·

Weer ‘n swartgallige wat besluite neem vir blankes. Cheers swaap! Ek luister nou my eie musiek!

piet ·

Besluite word geneem op grond van luisteraarsterugvoer ook. Sommiges sal hou van hierdie veranderings, veral omdat Praat Saam weg is. Lynette Francis was omstrede, sy het net so baie fans gehad as mense wat nie van haar hou nie. Kan nooit almal tevrede stel nie, ek luister steeds gereeld.

Johan ·

Die verandering bring mee dat programme afgewater is en die aanbieders klink soos n klomp beginners hulle klinl net nie profesioneel nie. Totaal n besluit om weer die afikaanse luisteraars te ontneem van behoorlike luister genot.

Marius ·

Wel, 85 jaar se harde werk is met een ondeurdagte besluit in die water gegooi. RSG was altyd uniek en Francis – Puren se praatsaam was een van die vlagskip programme en sy het die ongeskikte inbellers gou op hul plek gesit. Sal nou eerder na ‘n plaaslike streeksradio luister as na RSG.

piet ·

Francis het ook baie klagtes ontlok. Daar is verseker mense wat nie van haar gehou het nie en ek is ook seker dat diesulkes klagtes ingestuur het na die SAUK. Nou het van hierdie mense gekry wat hulle wil he met daai program wat afgehaal is maar moan steeds.

Kenny ·

Totsiens RSG van goed na sleg het julle gegàan
Monitor sal nooit weer die selfde wees nie

Pieter ·

Nuwe programrooster vervelig en leeg. Mis klankbaan. RSG gaan stil word, speel my eie musiek. Hul musiek speellys is nogal kenmerkend van Afrikaans vreemdes. En dan verwag hulle verpligte TV lisensiegelde vir gemors?

annie ·

As New Age wet word is RSG al lankal ingebed. Sedert die vorige stasiehoof oorgevat het, was ‘boring’ die wagwoord en wit kultuur onwettig… Praat nie eers van klassieke musiek nie. G’n kind in die land ken ontrent ‘n klassieke komponis se naam nie. En so het die Afrikaner boedel oorgegee. Almal se koppe staan nou Kaap se kant toe waar ware culture roep.

piet ·

Behalwe dat Monitor met ‘n uur verkort is (dis steeds daar maar nou net 1-uur lank ) is daar nie juis veel ander aardskuiwende veranderings nie. Boonop het mense verskriklik gemoan oor Praat Saam met Lynette Francis (nog al die jare sedert Francis dit aangebied het) so hulle kry eintlik nou net wat hulle wil he met daai program wat gestaak is. Dis ‘n feit dat die meer “regsgesinde” luisteraars baie gefrustreerd en geirriteerd was met Francis…..Ek dink hulle moes Monitor gehou het soos dit was en dan hierdie nuwe program in Praat Saam se plek gesit het (vir daai uur). Ek dink die mense moan nou omdat Monitor verkort is, ek dink nie die reaksie sou so groot gewees het as Monitor dieselfde gebly het nie.

VaalDonkie ·

Ek is een van daai wat niks van Praat Saam gehou het nie. Meestal oordat Lynette sommer saam begin stry het as die mense nie saamstem met haar heilige gas nie.

piet ·

Dis presies wat ek se, Francis het net so baie fans as mense wat nie van haar hou nie. Sy was baie omstrede. Ek het ook nie van haar gehou in die begin nie maar sy het meer “gematig” geraak soos tyd aangegaan het.

tweeling ·

Gugu Ntuli praat nie vir RSG en sy Afrikaanse luisteraars nie, so sy/haar kommentaar is niksseggend. Bring terug vir Monitor 2 ure lank en raak ontslae van op en wakker. Verseker het julle nie met die luisteraars gepraat nie, tipies van die regering se styl

Elizabeth ·

Ntuli is ñ gek. Sou ek Jakaranda vir n ‘op en wakker ‘ program wou luiter kon en sou ek. RSG was uniek en aktualiteitsprogramme uitstekend. Lynette Francis Purin het seker op ñ paar politieke tone getrap. Sy was op die man af, objektief en haar gaste onoortreflik. Dis waarvan Ntuli nie gehou het nie. Sekerlik ñ politieke aanstelling.

Onnie ·

Alles wat Afrikaans is moet vernietig word… radio, TV, skole, universiteite, koshuise, woonbuurte, en so kan ek aangaan. Hulle sal nie rus voor alles nie tot niet is nie.

Chris ·

Nee wat ek my radio het al die jare self afgegaan op RSG en aangebly tot ek nie meer kan luister nie. Ek het nou maar my radio gestal na n plaaslike radio stasie toe. Geen nut om verder na RSG te luister nie.

Ettienne ·

Kom ons gaan kyk of RSG, so 30 jaar terug ook elke nuwe finasiële jaar moes aanpassings en veranderinge maak …glo nie. Ek self het van ongeveer heeldag RSG luister, afgeskaal na drie programme. Verandering is goed, maar nie verandering ter wille van veranderinge nie.

Jacques ·

Rsg is en was al vir jare bekend as Radio Se Gemors. Power aanbieders ( nie almal nie). Maandae aande se aanbieder, middae na 12 se twee, “shame “. Hulle het seker probeer.

Ettienne ·

Slaan jy nou die spyker op die kop – ek kan nie meer luister na die twee na 12 se gesanik nie. Die een het ‘n groter chip op die skouer as die ander een.

Jacques ·

Ook daai Vendome insetsel wat tot verveelens gespeel word naamlik ,jy luister na, rsg die een. Dink rsg rerig die publiek is te stupid om te onthou waarna hul luister of is dit om “aanbieders” te herinner wat hulle op daai oomblik uitsaai. Weereens “shame “.

Staal ·

Ja, jy is dalk die enigste persoon wat glo wat uit jou mond kom. Lynette is ‘n skitterende omroeper. Hierdie veranderings het niks met vernuwing te make nie. Totsiens. My radio bly af!!

piet ·

Sy het verseker baie mense gehad wat nie van haar gehou het ook nie.

piet ·

Daar is ook rassiste wat glad nie anderskleurige oproepers by RSG wil he nie. Ek dink ons moet maar begin eerlik wees met mekaar, help nie om hierdie goedjies onder die mat in te vee nie. Die rassisme le maar baie vlak by ‘n “spesiale” groepie Afrikaners.

Janine ·

Is daar nie GENOEG radiostasies vir ander wat nie wit en/of Afrikaans is nie?

Andries ·

ek wens Ntuli wil sy luisteraars vra en NIE vir hulle opdis waaraan hulle moet gewoond raak nie. Sy ‘gewoond raak’ opmerking kom alreeds neer op afstootlike en vermetele voorskriftelikheid.

My vermoede is dat hulle die Afrikaanse diens moedswillig saboteer en anderdag as die getal luisteraars sodanig gedaal het sodat adverteerders onttrek, het hulle die nodige verskoning om dit te skrap.

piet ·

Daar word beslis gekyk na luisteraarsterugvoer, dit kan ek jou verseker.

Koen ·

Goeie genugtig maar die mense kan moan. Dis van te veel radio luister en te min fisiese aktiwiteit dat julle so moan. Gan sny gras of skoffel die tuin.

piet ·

Dis juis diegene wat nie juis belang het nie wat die meeste moan. So byvoorbeed gaan jy sien dat mense wat byvoorbeeld glad nie RSG luister nie, nou moan net omdat hier geleentheid is om te moan. Jy lees mos nou hier’s mense wat self se hulle luister al vir jare nie RSG nie maar hulle wil nou kommentaar lewer oor programveranderings.

Blikkies ·

RSG afgehaal van my radio af, ek luister nou trots Pretoria FM.

MakersMark ·

Jare terug het Casper de Vries spottenderwys gepraat van radio sonder mense……

Lindi ·

Die vroee oggend program (6 – 7) is DIE SWAKSTE wat ek nog ooit gehoor het. Daai aanbieder kan maar regtig sy goed pak en gaan! ONGESKIK soos ek nog nie teegekom het nie. Totsien RSG!!!!

piet ·

Is dit nou die “nuwe” bruin ou? Udo Carelse is al vir jare op die radio. Het jare terug by KFM in die Kaap gewerk. Hy is ‘n baie gesoute aanbieder. Hoekom se jy hy is ongeskik?

Ilze ·

Ek het altyd Anita se program in die oggend geluister oppad werk toe, maar die irriterende spulletjie wat nou op is, nee wat. Ek luister nou SAFM

Ilze ·

Ek het Praat Saam met Lynette Francis baie geniet, veral as haar gaste Dr Piet Croucamp en Max du Preez was.

piet ·

Dit was pret veral omdat dit sommige verkrampte Afrikaners geirriteer het. LOL

Robert ·

Ek kan weer glad nie daai twee verdra nie… seker oor hulle godslasterlike uitlating in die verlede.

Nommer 7 ·

Raymond Ackerman (Pick ‘n Pay) het in een van sy boeke geskryf “give your customers what they want, do not prescribe”

Elize ·

Gaan doen julle huiswerk RSG. Ek luister al vanaf kleintyd na die afrikaanse stasie wat deur die jare ook van naam verander het. Vandag se jong mense luister nie regtig radio nie. Hulle kyk youtube. Dis vir ons wat julle tevrede moet hou. Ons wil luister en hoor van die dinge wat saak maak. Elke radio speel musiek. Jy kan dan tussen die stasies rondspring om die liedjie van jou keuse te vind. Wat het julle nou vir ons?

Robert ·

Luister al lankal plaaslike radio, die wat nie die deuntjie van die regering sing nie.

Nommer 7 ·

Ek was ‘n tiener in die 70’s, my musieksmaak is dus Progressive Rock, en deesdae ook meer moderne Neo Classical Rock en Symphonic Heavy Metal. Geen radiostasie in ons land speel my musieksmaak nie, daarom stroom ek maar Accuradio, en diesmeer.

Psyggie ·

Ons luister al vir meer as ‘n jaar nie meer na RSG nie, Dit waarna ek daarop moet luister, is net nie meer RSG nie, Dit is nou iets gans anders. Die naam kan ook maar net sowel verander. (Wat seker hoeka sal gebeur)
Nee, wat, daar is ‘n baie aangename alternatief in die radiowese.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.