Rugby-ikoon sterf

Mof Myburgh. Foto: Beeld

Mof Myburgh, ʼn voormalige Spingbokstut, is Vrydagmiddag in die ouderdom van 75 dood.

Beeld berig Myburgh het hartprobleme gehad en lewerkanker is ‘n paar dae gelede by hom gediagnoseer. Hy is in die Eugène Marais-hospitaal in Pretoria dood.

Myburgh het in 18 toetse vir die Springbokke gespeel en 109 keer vir Noord-Transvaal uitgedraf. Hy sal onthou word vir sy bekende uitlating oor sy groot vriend, die Springbokslot, Frik du Preez.
Dit was Myburgh wat ná die eindstryd vir die Curriebeker in 1969 op Loftus Vers­feld in Pretoria teen die WP gesê het Du Preez het “gedrop, gescore en geplace”.

Karen Ellis, een van sy twee dogters, het gesê sy sal haar pa onthou vir sy intellek, sy droë humorsin, sy liefde vir opera en sy empatie met mense.

Myburgh word oorleef deur sy vrou, Aneline, nog ’n dogter, Linda Enslin, en drie kleinkinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.