Rugby-moord: Mense vir uitkenningsparade gesoek

Brett Williams Foto: Facebook

Prokureurs van die vyf mans, wat verdink word dat hulle ʼn rugby-ondersteuner in Durban doodgeslaan het, moet help om voor Maandag 25 mense vir ʼn uitkenningsparade op te spoor wat soos hul kliënte lyk.

Die prokureurs het aan The Mercury gesê hulle het ingestem om met die ongewone versoek van die Staat te help, in ʼn poging in die proses te versnel sodat die parade gehou kan word en hul kliënte se borgtogaansoeke aangehoor kan word.

Die vyf mans, wat Donderdag in die Durban-landdroshof verskyn het, word daarvan beskuldig dat hulle Brett Williams (29) verlede maand ná ‘n Super 15-rugbywedstryd doodgeslaan het.

Een van die vyf mans is Donderdag op R2 000 borg vrygelaat. Die vier wat steeds vir hul borgaansoek wag, staar elk ‘n aanklag van moord in die gesig. Al vyf word van crimen injuria en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, aangekla.

Landdros Vanitha Armu het Donderdag beveel dat die name en foto’s van die vyf mans nie gepubliseer mag word alvorens die uitkenningsparade gehou is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.