Rugby-moord: Seesoldaat het glo vroeër ook baklei

Brett Williams Foto: Facebook

‘n Rugby-ondersteuner wat buite Durban se Kings Park-stadion doodgeslaan is, was die aand moontlik in meer as twee vuisgevegte betrokke, het die Durbanse landdroshof Dinsdag gehoor.

Aanklaer Krishen Shah het gesê hulle het inligting ontvang dat die voormalige seesoldaat Brett Williams moontlik vóór die twee vuisgevegte, waar vyf mans hom glo doodgeslaan het, by ‘n ander bakleiery betrokke was. Hy sê dié inligting moet ondersoek word.

Buiten dié nuwe inligting is die saak teen die vyf beskuldigdes glo “98% voltooi”.

Vier van die mans, die broers Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk, staar ‘n aanklag van moord, drie van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig en een van crimen injuria in die gesig.

‘n Vyfde beskuldigde, Grant Cramer, is van een klag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, aangekla.

Williams (29) is in Maart by ‘n SuperXV-wedstryd in Durban dood.

Landdros Vanitha Armu het die mans se borgvoorwaardes verslap. Hulle hoef nie meer weekliks by ‘n polisiestasie naby hul huise aan te meld nie. Die vier wat van moord beskuldig word, is op borg van R5 000 elk vrygelaat en Cramer is op borg van R2 000 vrygelaat.

Tydens hul hofverskyning in Junie het Shah gesê Williams het glo op 23 Maart buite die stadion in ‘n bakleiery betrokke geraak met Cramer. Cramer het Williams glo in ‘n wurggreep beetgekry en hy het sy bewussyn verloor, het Shah gesê. Paramedici het hom gehelp, maar die ander vier het hom glo later tydens ‘n tweede bakleiery “geskop en geslaan”. Paramedici kon hom nie weer bybring nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Armu het die saak tot 8 Oktober uitgestel vir ‘n voorverhoor-konferensie wanneer die staat die regspanne met al die bewyse teen hul kliënte bedien het. ‘n Verhoordatum sal dan bepaal word. Die besluit moet nog geneem word of die saak in die streekshof of hooggeregshof in Durban aangehoor sal word.

Lees ook:
Rugby-moord: Verdagtes se name bekend gemaak
Rugby-moord: Vier hoop vir borg
Rugby-moord: Mense vir uitkenningsparade gesoek
Rugby-moord: Verdagte kry borg; name weerhou
Rugby-moord: Vier gee hulself oor
Rugby-moord: Vyf sal hulself glo oorgee
Rugby-moord: Slagoffer se naam bekendgemaak
Brit sterf in geveg ná Super15-stryd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Dan het hy homself soos ‘n vieta gedra, MAAR dit regverdig steeds nie 5 ouens om hom te pak en dood te slaan nie.

NEE jimmelkie tog, wanneer gaan mense begin om hul humeure in toom te hou ?

Peter Vonk ·

Baie tragies,maar tien teen een was hierdie barbaarse bakleiery drank gedrewe

HELENA SEABORNE ·

hy het seker gesoek vir di fight, maar wragtig 5 brawe mans wat een ou takel. sjoe maar hulle is darem maar sterk hoor. wat wou hulle nou eintlik bewys/ DAT HULLE TE SLAPGAT IS OM I FIGHT EEN EEN TE FIGHT. shame ons is glad nie trots op sulke lafards nie. as julle regtig soos barbare wil optree maak die fight tenminste gelykop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.