Rugby-moord: Slagoffer se naam bekendgemaak

Brett Williams Foto: Facebook

Brett Williams (29), voormalige Suid-Afrikaanse burger wat nou in Engeland woon, is Saterdag ná die Sharks-wedstryd teen die Melbourne Rebels by Kingspark-stadion in een van die stadion se klubs doodgeslaan.

Williams is omstreeks 22:00 glo deur ‘n groep rugbyondersteuners naby die Sharks Ondersteunersklub vermoor. Hy is glo erg aangerand met “gebalde vuiste” en is ook geskop, berig Mercury. Hy is by die stadion oorlede.

Williams was net vir ‘n kort rukkie in Durban terwyl die skip, waarop hy as maritime sekuriteitsoperateur gewerk het, by die Durbanse hawe gestaan het. Hy sou glo die volgende dag na Johannesburg vertrek om sy niggie, Tarryn Williams, en ander familielede te besoek.

Lt.kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. “Ons is nog besig met die ondersoek. Ons het reeds getuies identifiseer en hulle word tans ondervra,” het Mdunge gesê. “Ons is besig om die verdagtes op te spoor.”

Maroela Media het vroeër berig Brian van Zyl, uitvoerende hoof van die Sharks, het gesê mediese personeel by die stadion het probeer om die bakleiery te keer. “Ons het ons eie interne ondersoek na die voorval van stapel gestuur en is tevrede dat ons gekontrakteerde diensverskaffers, Fidelity Security en ER24, alles moontlik gedoen het om die geveg te stop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wena catherina Coetzee ·

Ridiculous ! Om te dink jy word sommer so vir n rugby onderonsie vermoor………..Sies, wat makeer die mensdom……………Almal physic gevalle………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.