Rugby-moord: Verdagtes se name bekendgemaak

Brett Williams Foto: Facebook

Vier mans wat ‘n rugby-ondersteuner glo ná ‘n wedstryd doodgeslaan het, is Maandag op borg vrygelaat.

Die broers Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk is elk op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hul medebeskuldigde, Grant Cramer, is Donderdag op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die vier mans word egter verbied om die Kings Park-stadion te besoek voor hulle hofsaak nie afgehandel is nie. Die vier mans word van die moord op Brett Williams (29) aangekla. Williams, ‘n voormalige koninklike seesoldaat, is verlede maand ná ‘n Super 15-wedstryd doodgeslaan (sien skakels onderaan die berig vir meer inligting).

Die verdagtes se name is tot dusver weerhou totdat ‘n uitkenningsparade Maandag afgehandel is. Hulle staar elk een klag van moord, een van crimen injuria en drie klagtes van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, in die gesig.

Hulle word ook verbied om met Cramer in verbinding te tree. Cramer staar een aanklag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig in die gesig. Hy is ook van die stadion verban.

Lees ook:
Rugby-moord: Vier hoop vir borg
Rugby-moord: Mense vir uitkenningsparade gesoek
Rugby-moord: Verdagte kry borg; name weerhou
Rugby-moord: Vier gee hulself oor
Rugby-moord: Vyf sal hulself glo oorgee
Rugby-moord: Slagoffer se naam bekendgemaak
Brit sterf in geveg ná Super15-stryd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.