Rugby-moord: Verhoordatum bekend

Brett Williams

Brett Williams

Vier mans wat daarvan aangekla word dat hulle ʼn rugby-ondersteuner buite Durban se Kings Park-stadion doodgeslaan het, se verhoordatum is deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bekend gemaak.

Die vier mans het Dinsdag vlugtig in die Durbanse-landdroshof verskyn waartydens die verhoordatum vir 10 Maart volgende jaar bepaal is.

Natasha Ramkisson, ʼn woordvoerder van die NVG, het gesê die verhoor sal na verwagting tot 14 Maart duur en dit sal in die Durbanse-streekshof plaasvind.

Vier van die mans, die broers Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk, staar ‘n aanklag van moord, drie van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig en een van crimen injuria in die gesig.

Aanklagte teen ‘n vyfde beskuldigde, Grant Cramer, is laat vaar weens ʼn gebrek aan bewyse dat hy by die aanval betrokke was.

Die vier mans word van die moord op Brett Williams (29) aangekla. Williams, ‘n voormalige Britse seesoldaat, is vroeër vanjaar ná ‘n Super 15-wedstryd doodgeslaan.

Die vier beskuldigdes is tans uit op borgtog van R5 000 elk.

Lees ook:
Rugby-moord: Seesoldaat het glo vroeër ook baklei
Rugby-moord: Verdagtes se name bekend gemaak
Rugby-moord: Vier hoop vir borg
Rugby-moord: Mense vir uitkenningsparade gesoek
Rugby-moord: Verdagte kry borg; name weerhou
Rugby-moord: Vier gee hulself oor
Rugby-moord: Vyf sal hulself glo oorgee
Rugby-moord: Slagoffer se naam bekendgemaak
Brit sterf in geveg ná Super15-stryd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.