Rugby-moord: Vier gee hulself oor

Brett Williams

Vier mans het hulself Woensdag aan die polisie oorgegee in verband met die moord op Brett Williams, die 29-jarige rugby-ondersteuner wat ná ʼn Super 15-wedstryd in Durban doodgeslaan is.

Kol. Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê ʼn vyfde verdagte sal na verwagting later vandag homself aan die polisie oorgee

Die groep word daarvan beskuldig dat hulle Williams buite Durban se Kingspark-stadion doodgeslaan en -geskop het. Die voorval het op 24 Maart ná die Sharks-wedstryd teen die Melbourne Rebels plaasgevind.

Die vyf mans sal na verwagting Donderdag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Lees ook:
Rugby-moord: Vyf sal hulself glo oorgee
Rugby-moord: Slagoffer se naam bekendgemaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.