Rugby-moord: Vier hoop vir borg

Brett Williams Foto: Facebook

Vier van die vyf mans wat daarvan aangekla word dat hulle ʼn Engelandse rugbyondersteuner doodgeslaan het, gaan na verwagting Maandag in die Durban-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Die vyf mans, wat Donderdag in die Durban-landdroshof verskyn het, word daarvan beskuldig dat hulle Brett Williams (29) verlede maand ná ‘n Super 15-rugbywedstryd doodgeslaan het.

Een van die vyf mans is op R2 000 borg vrygelaat. Die vier wat steeds vir hul borgaansoek wag, staar elk ‘n aanklag van moord in die gesig. Al vyf word van crimen injuria en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, aangekla.

Landdros Vanitha Armu het Donderdag beveel dat die name en foto’s van die vyf mans nie gepubliseer mag word alvorens die uitkenningsparade, wat ook Maandag gehou gaan word, gedoen is nie.

Lees ook:
Rugby-moord: Mense vir uitkenningsparade gesoek
Rugby-moord: Verdagte kry borg; name weerhou
Rugby-moord: Vier gee hulself oor
Rugby-moord: Vyf sal hulself glo oorgee
Rugby-moord: Slagoffer se naam bekendgemaak
Brit sterf in geveg ná Super15-stryd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.