Rugby Wêreldbeker amptelik afgeskop

Foto: Facebook RWC

Die Nieu-Seelandse rugbylegende Jonah Lomu en ʼn reuse vlieënde bal was van die hoogtepunte tydens die amptelike opening van die Rugby Wêreldbeker by Eden Park in Auckland.

Lomu en ander legendes het die openingseremonie afgeskop voor die president van die Internasionale rugbyraad (IRR), Bernard Lapasset, amptelik die sewende Wêreldbekertoernooi begin het. Die wêreldbeker bestaan uit 48 wedstryde wat op 23 Oktober ʼn hoogtepunt sal bereik wanneer die eindstryd weer by Eden Park gespeel sal word. Die verrigtinge is gevolg deur die afskop van die openingswedstryd tussen die All Blacks en Tonga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.