Rugby-wêreldbeker uitslae: 14 September 2011

Namibië het sy tweede nederlaag gelei tydens die Wêreldbeker nadat hy Woensdagoggend teen Samoa vasgeval het.

Die vleuel, Alesai Tuilagi, het ʼn driekuns vir Samoa behaal om hulle veldtog oortuigend af te skop. Samoa het sesse drieë gedruk teen Namibië se twee om die wedstryd met 49-12 te beklink. Samoa het teen rustyd met 25-0 voorgeloop. Namibië het tydens sy eerste Wêreldbeker-kragmeting met 49-25 teen Fidji vasgeval. Samoa speel op 18 September teen Wallis. Namibië kom op 22 September teen die Springbokke te staan.

Kanada het op sy beurt Woensdagoggend met 25-20 geseëvier oor Tonga. Kanada was 13 minute voor die eindfluitjie met 13-20 agter. Dit is ook Tonga se tweede nederlaag nadat hy in die Wêreldbeker-openingswedstryd met 41-10 teen Nieu-Seeland vasgeval het.

Skotland het sy tweede oorwinning behaal nadat hy Georgië met 9-3 geklop het. Skotland het in sy erste wedstryd met 34-24 oor Roemenië geseëvier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae