Rugbybroers se pa sterf ná bysteek

Elton (links agter) en Tony (regs agter) saam met hulle pa Thomas. Foto: Facebook

Die rugbybroers Elton en Tony Jantjies se pa, Thomas, is gister oorlede nadat hy glo deur ʼn by gesteek is.

Rapport berig dat Jantjies (46), ʼn adjudant-offisier in die weermag, Saterdag in die 1 Militêre-hospitaal oorlede is weens komplikasies van ʼn bysteek. Elton (22), wat vir die Lions en Goue Leeus speel en deel was van Springbokgroep se toestreeks teen Engeland, het Sondagoggend op Twitter geskryf: “God het nog ʼn engel kom haal. RIV pa. Jy sal veraltyd in ons harte bly.” Tony (20), wat vir die Blou Bulle in die Vodacombeker-reeks speel en vroeër vanjaar vir die Jong Bokke uitgedraf het, het op Twitter gesê: “Woorde kan nie beskryf wat julle ondersteuning in die hartseer tyd vir ons beteken nie. Dankie aan julle almal. RIV pa, jy sal gemis word.” SA Rugby en die Springbokke het ook hul medelye op Twitter betuig: “Gedagtes en gebede met Springbok Elton en Junior Bok Tony Jantjies en hulle familie met die afsterwe van hulle pa. RIV.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.