Prof. Fritz Eloff, die destydse president van die Noord-Transvaalse Rugby-unie en voormalige voorsitter van die Internasionale Rugbyraad, is Donderdag in ʼn ouderdom van 93 in Pretoria oorlede.
Die Blou Bulle Rugby-unie het Donderdag gesê hulle is hartseer om van sy dood te verneem en het ook hul medelye aan sy familie uitgespreek.
Hy laat twee dogters en twee kleinkinders agter. Klik hier om meer oor sy rugbyloopbaan te lees.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Mooi loop leeu man van die Kalahari.
Dankie vir die ryk nalatenskap.
Sterkte aan die familie.
Sterkte aan die familie. Hy was ‘n groot gees in Noord Transvaal!!
Selfs die Kalahari leeus salueer die grrot man – meer belangrik as sy bydrae tot rugby was die navorsing wat hy as dierekundige gedoen het.
Aangename mens in werk situasie(SAUK opnames) en as lektor. Groot gees
Diep spore in Noord Transvaal rugby (Klink so eg afrikaans) getrap.