Rugbylegende sterf

Prof. Fritz Eloff

Prof. Fritz Eloff

Prof. Fritz Eloff, die destydse president van die Noord-Transvaalse Rugby-unie en voormalige voorsitter van die Internasionale Rugbyraad, is Donderdag in ʼn ouderdom van 93 in Pretoria oorlede.

Die Blou Bulle Rugby-unie het Donderdag gesê hulle is hartseer om van sy dood te verneem en het ook hul medelye aan sy familie uitgespreek.

Hy laat twee dogters en twee kleinkinders agter. Klik hier om meer oor sy rugbyloopbaan te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

Mooi loop leeu man van die Kalahari.
Dankie vir die ryk nalatenskap.
Sterkte aan die familie.

Grobbie ·

Sterkte aan die familie. Hy was ‘n groot gees in Noord Transvaal!!

Erich Goosen ·

Selfs die Kalahari leeus salueer die grrot man – meer belangrik as sy bydrae tot rugby was die navorsing wat hy as dierekundige gedoen het.

Neels Bothma ·

Ek groet jou, vriend en leeuman. Ek het die voorreg gehad om saam met jou te stap. Jy het spore getrap wat nie sal toewaai nie !! Dit lê vir ewig in die rooisand…daar waar die grotes brul !!
Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.