ʼn Stut van die Luiperds-rugbyspan in Potchefstroom wat saam met sy spanmaats op toer was in Oos-Londen, het oor die naweek verdrink nadat hy deur ʼn seestroom meegesleur is.
Die stut, Kwena Collins Moremi, wat vir die o.19-span gespeel het, het saam met sy mede-spanmaats in die see gaan swem en in die moeilikheid beland. Sy spanmaats het tevergeefs probeer om hom te red.
Andre May, die president van die Luiperds, het aan OFM gesê van sy spanmaats is baie getraumatiseerd en is besig om berading te ondergaan.
ʼn Nadoodse ondersoek is Maandag op Moremi gedoen. Sy liggaam sal vandeesweek teruggestuur word na Noordwes. Volgens May behoort hy na verwagting oor die naweek in Limpopo begrawe te word.
Jinne, dit is verskriklik…verbeel jou jy moet kyk hoe een van jou vriende weggesleep word tot die dood en jy kan niks daaraan doen nie. Dis ‘n ware nagmerrie hierdie, bid tog vir die arme mense wat dit moes sien gebeur het en met die gevoel van totale nutteloosheid moet lewe!